Ekke het n eetstoeltjie gekry en sit nou by die eetkamertafel en eet. My eetstoeltjie is lekker hoog en ekke kan so lekker rondkyk as ekke eet. Baie dankie pappa en mamma vir my stoeltjie.
Ons ooi het Woensdag gelam en ons het sommer 2 lammetjies gekry. Grootmense praat van n tweeling. Dis dieselfde as om te sê 2 lammetjies... Mamma en kleintjies doen baie goed.
Ekke het lekker op die mat gespeel. Kyk net hoe kan ekke my bene optel en kyk ek het voete. Hulle is net so vêr van my mond af. Ekke wonder hoe sal hulle smaak...