Wednesday, January 26, 2011
BADTYD
Ekke hou baie van bad, dis die beste tyd van my besige dag! Ekke speel met my visse en diere wat jy teen die kant kan plak en as ons hare was lyk my hare altyd so snaaks... he he he
Tuesday, January 18, 2011
Sunday, January 16, 2011
One step,two step, three step.....
Ekke het begin Januarie begin loop met n paar tree wat nou al gevorder het tot n loop van 6-9 tree.Mamma sukkel nog om my af te neem.Sy is elke keer te laat met die kamera.Ai,ekke hoop sy neem my binnekort af sodat ons dit op die blog vir julle almal kan sit.So toe sit ons maar hierdie mooi foto van die wolke op.Ekke het mos hoer hoogtes bereik....
Uitstappie
Ons was Hamilton toe gewees en het gaan piekniek hou by die Hamilton Gardens. Ek en pappa het ook vir die voeltjies en eende brood gegee. Hulle het te lekker geeet en ekke het dit baie geniet.
Sunday, January 9, 2011
SEE TOE !!!
Ekke was verlede week vir die eerste keer op die strand gewees. Dit was sooo lekker,daar is baie sand om op te kruip... en te eet. Die see is groot met baie,baie water in en dit proe bietjie souterig. Ekke was die heeltyd aan die beweeg om seker te maak ek mis niks nie. Dis groot.Ekke hoop ek gaan vinnig weer see toe.
Saturday, January 1, 2011
KNIPOOG
Ekke het geleer knipoog, maar ekke het een probleem? Ek kan dit net doen met altwee my ogies gelyk. Dit werk nogsteeds, want pappa en mamma glimlag as ek dit doen.
*** Kersfees ***
Ons het kersoggend ons geskenke oopgemaak. Ek het mooi balle gekry en die papier was ook baie lekker om mee te speel...
Subscribe to:
Posts (Atom)



















