Monday, May 24, 2010

BOUNCER

PAPPA EN MAMMA HET VIR MY N BOUNCIE GEKOOP. HY KAN MUSIEK SPEEL, VIBREER EN EKKE HET SPEELGOED OM MEE TE SPEEL. BAIE DANKIE VIR MY BOUNCIE ;)

 
Posted by Picasa

Thursday, May 13, 2010

Speeltyd by Maatjies

Ek & Mamma het vandag by my maatjies Adrian & Ben gaan kuier. Tannie Hes het mooi foto's van my geneem.
Dankie vir die foto's.
 

 

 

 
Posted by Picasa

Wednesday, May 12, 2010

BAIE SEER!!!!


Mamma het my Dinsdag dokter toe gevat vir my inentings. Eers het Dr.Botes gekyk dat ek gesond is en toe het ek die verpleegster gesien wat my baie seer op altwee my bene ingespuit het. Dit het baaaie gebrand en ek het so baie gehuil en mamma het ook saam my n bietjie gehuil. Toe ons terug by die huis kom het ekke op die bank by mamma gelê en aan die slaap geraak.Dis vandag Donderdag en ekke voel baie beter :)

Thursday, May 6, 2010

"Tummy Time"




Hoekom word dit "tummy time" genoem? My maagie word nie gekielie nie???Kyk hoe sterk is ek al. Ek kan my nekkie so vêr optel en dan kyk ek lekker rond. Dis baie harde werk....

Monday, May 3, 2010

'CHUBBY CHEEKS'


Tannie Michelle (ons voedvrou) was Saterdag hier gewees om my alweer te kom meet en weeg. Ekke weet nie hoekom hulle dink ek moet sooo baie geweeg word nie, kan hulle nie sien ek word groter nie.... Ekke weeg nou 4.5kg en is al 56cm lank. Mamma en pappa sê baie van my klere is al te klein vir my. Gelukkig het ek nog baie wat darem my pas. Tannie Michelle sê ekke het "chubby cheeks". Dis al my lekker melk.