Ekke hoop almal sing al kersfees liedjies, soos Silent night,Rudolp the red nose raindeer en nog baie ander.Geseende kersfees aan almal en mag almal Jesus se verjaarsdag onthou.
Wednesday, December 22, 2010
Monday, December 20, 2010
````` MY EERSTE SERTIFIKAART `````
Ekke het Saterdag my swemlesse voltooi en toe n mooi sertifikaart gekry.Pappa en mamma is baie trots op my. Ekke swem net soos n klein vissie in die water...
Wednesday, December 15, 2010
I'M HOT, HOT, HOT !!!
Dit was gister sooo baie warm gewees dat ekke net in my doek gespeel het die hele dag.Dit was baie lekker gewees.
*** Kersboom ***
Mamma het n klein kersboom gaan koop en baie hoog bo-op die T.V kas gesit.Mamma sê sy kannie die groot boom opslaan nie,want ekke gaan hom omtrek en dan kan ek seerkry.Ai,ons kersboom is so hoog ekke moet vêr terugsit om hom te sien en waar is die liggies?Hopelik is daar liggies en n groot boom volgende jaar... Het julle my mooi kous gesien? My ouma Ronel het hom vir my gekoop.Dankie ouma.
Wednesday, December 1, 2010
Tuesday, November 23, 2010
Ek die laaste twee weke
Ekke het baie besig geword vandat ek nou kan kruip.Ekke klouter op mamma en pappa, staan teen die banke en deure op en is orals.Mamma sê ek hou haar besig deur die dag? Ek dink nie so nie, ek hou daarvan om orals te wees. Ekke wil nie iets mis nie.
Monday, November 22, 2010
Thursday, November 4, 2010
Saturday, October 30, 2010
^^^^ SWEM ^^^
Ekke het Saterdag met swemlesse begin. Dit is sooo lekker in die water. En raai wat? Die water is net so lekker warm soos my badwater wat mamma elke aand vir my intap. Ekke is soos n klein vissie in die water en het dit so baie geniet. Ons het speletjies gespeel en klomp liedjies gesing soos "twinkle-twinkle" en "the wheels of the bus" en selfs "humpty dumty" en nog klomp ander. Dankie pappa vir die mooie foto's wat jy geneem het.
Sunday, October 24, 2010
~ * ~ Kruip ~ * ~
Ekke het Sondag 24 Oktober vir die eerste keer gekruip. Wow, dis nogal moelik, maar baie lekker. Ekke kan nou vinniger by goeters uitkom voor pappa en mamma my kan sien. Ekke is nog stadig ,maar met tyd gaan ek n bobaas kruiper word.
Sunday, October 17, 2010
Konsert toe Vrydagaand !
Ons het vir oom Herman (Dozi) gaan luister. Ekke het dit baie geniet totdat ekke n foto saam met die oom moes neem. Hy is so groot en het sulke laaang hare. Ekke het geskrik en sommer baie gehuil. Gelukkig was pappa daar om my te red. Ekke is so baie lief vir my pappa. Dankie pappa... Oom Dozi sing baie mooi en ook in ander tale soos engels en zulu. Hehehe, die zulu klink nogal snaaks. Dankie pappa en mamma vir n lekker aand.
Tuesday, October 12, 2010
*** TANDE ***
Ekke het altwee my onderste tande gelyk die 2de Oktober gekry. Dit het mamma n rukkie gevat om n mooi foto te neem van my nuwe tande omdat ekke daarvan hou om my tong oor hulle te vryf. Dit voel so snaaks in my mond.En nou gaan ekke hopelik die ander een vir een ook kry...
Sunday, October 3, 2010
* 6 Maande Oud *
Monday, September 20, 2010
Sunday, September 12, 2010
~~~ Oefen ~~~
Ekke is al baie sterk en begin te oefen om myself op te lig. Ekke gaan vir mamma en pappa een van die daggies wys dat ekke gaan kruip.Gee net kans, wêreld hier kom ek!!!
Monday, August 30, 2010
"Jump, jump, jump"
Hierdie ding? n Jolly Jumper laat n mens spring. Dis sooo lekker. Ekke wil elke dag nou spring. Kyk hoe mooi spring ekke.
Monday, August 23, 2010
~ Nuwe karstoeltjie ~
Kyk almal ekke het n nuwe karstoeltjie gekry. Ekke sit nou baie sagter en ook gemaklik en kyk lekker rond as ons ry.
Subscribe to:
Posts (Atom)



































