Monday, April 26, 2010

Kyk hoe oulik lyk ek in geel!







Mamma sê ek lyk te oulik as sy vir my geel klere aantrek en dat sy my sommer wil opeet. Ek hoop nie sy wil my regtig opeet nie...

*** Dronk gedrink ***




Ekke was nou die aand so vreeslik dors en toe drink ek sooo lekker baie melkies. En toe pass ek uit op pappa se skoot. Gelukkig gee melk n mens nie hoofpyn nie.

Tuesday, April 20, 2010

BADTYD




Ek hou baie daarvan om gebad te word, ek kan lekker skop en die water is sooo lekker warm. Pappa sê hy geniet dit om my te bad en mamma trek my dan na die tyd aan. Dan voel ek sommer lekker en is dan amper reg om te gaan slaapies.....

Thursday, April 15, 2010

Ek is amper 3 weke oud!







Mamma het hierdie mooi foto's van my in die week geneem. Ek het my bes probeer om mooi stil vir mamma te lê.

Friday, April 9, 2010

Mooi klere


Lekker slaap




Ek het saam met pappa en mamma fliek gekyk en toe aan die slaap geraak op pappa se bors. Hy het my lekker warm gehou en ek het so lekker geslaap....

Wednesday, March 31, 2010

Mariska Lambert is gebore


Hallo almal ek is gebore op die 27/03/2010 om 00:19 en het 3.29kg geweeg.