Ekke het Saterdag met swemlesse begin. Dit is sooo lekker in die water. En raai wat? Die water is net so lekker warm soos my badwater wat mamma elke aand vir my intap. Ekke is soos n klein vissie in die water en het dit so baie geniet. Ons het speletjies gespeel en klomp liedjies gesing soos "twinkle-twinkle" en "the wheels of the bus" en selfs "humpty dumty" en nog klomp ander. Dankie pappa vir die mooie foto's wat jy geneem het.
Ekke het Sondag 24 Oktober vir die eerste keer gekruip. Wow, dis nogal moelik, maar baie lekker. Ekke kan nou vinniger by goeters uitkom voor pappa en mamma my kan sien. Ekke is nog stadig ,maar met tyd gaan ek n bobaas kruiper word.
Ons het vir oom Herman (Dozi) gaan luister. Ekke het dit baie geniet totdat ekke n foto saam met die oom moes neem. Hy is so groot en het sulke laaang hare. Ekke het geskrik en sommer baie gehuil. Gelukkig was pappa daar om my te red. Ekke is so baie lief vir my pappa. Dankie pappa... Oom Dozi sing baie mooi en ook in ander tale soos engels en zulu. Hehehe, die zulu klink nogal snaaks. Dankie pappa en mamma vir n lekker aand.
Ekke het altwee my onderste tande gelyk die 2de Oktober gekry. Dit het mamma n rukkie gevat om n mooi foto te neem van my nuwe tande omdat ekke daarvan hou om my tong oor hulle te vryf. Dit voel so snaaks in my mond.En nou gaan ekke hopelik die ander een vir een ook kry...
Ekke is nou net oor die 6 maande oud. Ekke kan al baie goeters doen... Soos om regop te sit, boude in die lug te staan, op my kniee te staan, baie omrol, orals op die vloer te beweeg.