Monday, August 23, 2010

~ Nuwe karstoeltjie ~

Kyk almal ekke het n nuwe karstoeltjie gekry. Ekke sit nou baie sagter en ook gemaklik en kyk lekker rond as ons ry.

 

 

 

Posted by Picasa

Sunday, August 22, 2010

NUWE EETSTOELTJIE

Ekke het n eetstoeltjie gekry en sit nou by die eetkamertafel en eet. My eetstoeltjie is lekker hoog en ekke kan so lekker rondkyk as ekke eet. Baie dankie pappa en mamma vir my stoeltjie.

 
 
 
 
Posted by Picasa

Wednesday, August 18, 2010

### Klere ###

Kyk hoe mooi lyk ekke in die klere wat oupa vir my gestuur het. Baie lief vir oupa ***

 

 

 

 
Posted by Picasa

Saturday, August 14, 2010

*** Lammetjies ***

Ons ooi het Woensdag gelam en ons het sommer 2 lammetjies gekry. Grootmense praat van n tweeling. Dis dieselfde as om te sê 2 lammetjies... Mamma en kleintjies doen baie goed.


 

 
Posted by Picasa

CUTIE PIE

Ekke lyk mooi in pers en is al 4 en n half maande oud. Ekke gaan een van die dae op my eie sit. Sonder dat iemand my moet stut.

 
Posted by Picasa

Tuesday, August 3, 2010

SPEELTYD

Ekke het lekker op die mat gespeel. Kyk net hoe kan ekke my bene optel en kyk ek het voete. Hulle is net so vêr van my mond af. Ekke wonder hoe sal hulle smaak...

 
 
 
 
Posted by Picasa

~~ Kostyd ~~

Omdat ekke nou al oor die 4 maande oud is het mamma begin om vir my lekker pappies in die aand te gee. Ekke eet sooo lekker....

 

 

 
Posted by Picasa