
Tannie Michelle (ons voedvrou) was Saterdag hier gewees om my alweer te kom meet en weeg. Ekke weet nie hoekom hulle dink ek moet sooo baie geweeg word nie, kan hulle nie sien ek word groter nie.... Ekke weeg nou 4.5kg en is al 56cm lank. Mamma en pappa sê baie van my klere is al te klein vir my. Gelukkig het ek nog baie wat darem my pas. Tannie Michelle sê ekke het "chubby cheeks". Dis al my lekker melk.











